Opsomming van Ondersoekende Radiojoernaalprogram met Greg Anthony op First Amendment Radio

7 Augustus 2014

Greg begin deur te sê dat Tony Alamo sedert 2008 vir 175 jaar tronk toe gestuur is weens valse aanklagte van seksuele misdrywe. Hy gaan voort deur te sê hoe Tony gedurende die laaste 40-50 jaar aan ons die waarheid vertel het betreffende die Vatikaan se invloed op ons vryheid van godsdiens en lg. se diaboliese manier om by politiek betrokke te raak. Hy verduidelik hoe Tony duisende en duisende mense regdeur die wêreld met sy anti-Vatikaanse storie bereik en dat dit nodig is om dit te vertel, want daar is moontlike bewyse dat dít wat Tony sê, waar is, en dat hy daaroor vervolg word.

Greg noem die 2008-klopjag in Arkansas en sê dit was ʼn Waco-styl-klopjag (Christelike fundamentele kerk in Waco, Texas) op die bediening en dat hy daarvan gehoor het by die hoofstroom-media, wat geblyk het baie daarvan te weet. Hy dink hulle bedoeling was om hierdie uiters suksesvolle bediening wat kerke in verskeie state gehad het, te sluit, sowel as om Tony te vervolg. Die manier waarop hulle dit gedoen het, was om die kinders van die bediening aan te val. Hy vertel wat ʼn blogger gesê het oor die klopjag: toe staats- en federale wetstoepassers ʼn klopjag uitgevoer het op Tony Alamo Ministries, het baie, indien nie die meeste van die hoofstroom-media in Texarkana, Arkansas, gesien hoe dit besig was om te ontvou, maar niks daaroor geskryf tot dit reeds begin het nie. Hulle het dus van alles geweet. Die klopjag is oorspronklik geskeduleer vir Oktober, maar het in September plaasgevind. Vrydag, die dag voor die klopjag, het iemand in die aanklaer se kantoor per ongeluk ʼn e-pos oor die klopjag na 50 media-kantore regoor die staat gestuur. Die e-pos is ʼn hele paar weke voor die klopjag geskeduleer was om plaas te vind, gestuur. Greg glo dat dit ʼn strik was om Tony skuldig te bevind voor hy ʼn regverdige verhoor kon hê.

ʼn Blogger met die naam Frank Lockwood het die volgende gesê: “Met die kat uit die sak, het wetstoepassers hulle tydskedule vervroeg. Koerante moes besluit of hulle die storie wou publiseer in die Saterdag-uitgawe en of hulle ʼn dag of twee moes wag. Met kinders wat in die kerk was en met bewerings van kindermishandeling, het elke nuusinstansie in die staat hulle vrywillig daarvan weerhou om oor die klopjag te skryf, tot dit begin het.” Hulle het ‘n groot bohaai gemaak in die media; niemand het regtig geweet wat aangaan nie. Dit was ‘n lasterlike skuldigbevinding die oomblik toe die klopjagspan toegeslaan het. Hy het beskryf hoe die klopjagspan met pistole en gewere ingekom het om Tony in hegtenis te neem en hulle geweldig groot laat skrik het, terwyl die kinders buite gespeel het.Tony was nie eens daar nie; hy was op daardie tydstip in Los Angeles. Daar was geen aanduidings dat daar wapens of enigiets op die kerkgronde was nie; dit is ʼn vreedsame organisasie en as hulle Tony in hegtenis wou neem, kon hulle stil te werk gegaan het; dit móés egter in die media gewys word. Só wou hulle Tony skuldig bevind voordat hy ʼn regverdige verhoor kon hê.

Ses kinders is daardie dag onder die staat se toesig geplaas. Die volgende dag is die storie deur al die hoofstroom-media gedra. ʼn Landwye klopjag is gehou en Tony Alamo is reeds skuldig bevind. Die storie is op Oprah Winfrey en ook op sommige van die grootste misdaadkanale uitgesaai.

Uit ‘n prokureur se oogpunt, het Greg gesê, het hulle nie veel gehad nie, en dit wat hulle wel gehad het, kon mee gepeuter gewees het. Hierdie is ʼn waterskeidingsaak en wys op wat hulle aan jou kan doen as jy teen die Katolieke kerk en die Vatikaan opstaan. Greg toon hoe skynheilig die VSA is en dat dubbele standaarde geld. Hulle laat toe dat Vatikaanse kerke oop bly, terwyl daar soveel bewyse is van wat met kinders gebeur het in skole in Kanada en Ierland, die marteling en misbruik regoor die wêreld, en steeds laat ons toe dat hierdie kerk aan die gang bly? Hulle het geld, mag en beheer van ons regering, sodat hulle kan wegkom met kindermishandeling. As jou stem so hard soos Alamo sʼn is, kan hulle agter jou aankom met dieselfde aanklagte as waaraan hulle skuldig is en die media, FBI, wetstoepassers en omkopery gebruik en mense dwing om valse aanklagte te bring wat later teruggetrek word. Hy noem die siviele saak in Maart en die uitspraak van ʼn halfbiljoen dollar.

Greg beskryf Tony as 79 jaar oud, blind en in die gevangenis. Dan vertel hy wat Tony uit die tronk gesê het: “Vir amper 50 jaar het hulle probeer om my toe te sluit. Eers het hulle ons beskuldig dat ons kommuniste is, toe het hulle ons geteister en ons en ons lede meedoënloos in die tronk gegooi om ons te probeer stuit en om my en my vrou, Susan, te probeer keer om die waarheid oor die Woord van God te verkondig. Hulle wou hê ons moes deel wees van die Waco-kultus en het ons daarvan beskuldig dat ons ʼn gevaarlike kultus en gewapende terroriste is. Toe is ek beskuldig van kindermishandeling, maar die aanklagte is uiteindelik laat vaar deur Los Angeles se hoofaanklaer. Daarna is ek aangekla vir dreigemente om ‘n federale regter te ontvoer. Die jurie het my onskuldig bevind. Toe is die IRS gebruik om ʼn valse aanklag te loods dat belasting nie betaal is nie, boonop op ʼn inkomste wat nooit bestaan het nie. My prokureur, Jeff Dickstein, ʼn beswaarmaker teen belasting, is in ʼn posisie geplaas waar hy my moes uitverkoop of self tronk toe gaan. Ek is vir ses jaar gevonnis en weens goeie gedrag is ek in 1998, na vier jaar, vrygelaat. Die FBI het sonder ophou aangehou om my te ondersoek. Uiteindelik het hulle in 2008 ʼn paar valse getuies gekry wat die kerk ʼn paar jaar vantevore verlaat het en ingestem het om met hulle saam te werk. Die aanbod van vergoeding en geld in ʼn siviele saak was vir hulle baie aanloklik. In die siviele saak is dieselfde vyf getuies gebruik en ʼn sesde getuie, ook ʼn voormalige gemeentelid is in ʼn strafregterlike saak gebruik om die getuienis te versterk. Hierdie keer wou sy egter in die siviele saak ʼn monetêre vergoeding hê en het daarom ʼn nuwe aanklag dat sy gereed gemaak is as vrou vir Tony, maar betyds ontsnap het, gefabriseer. Die sewende getuie was in die kerk tot Junie 2010, en het geweet dat ek onskuldig is en het my ook ondersteun na die hofsaak. In Junie het sy die kerk verlaat. Teen Augustus het sy vir geld by die siviele saak aangesluit. Die siviele saak was in die federale hof, maar kort voor die aanvang daarvan het die regter aan die versoeke vir ʼn summiere verhoor gehoor gegee en alle federale aanklagte is laat vaar. Die aanklagte is laat vaar en toe heringestel in die staat van Arkansas se hof. Die regter het toegelaat dat al die aanklagte wat sy uitgegooi het, heringestel word in die hof. Ons het nie die geld gehad om weer van voor af terug te baklei nie en het noodgedwonge verloor.

Greg sê hulle het Tony en die kerk aangeval waar dit die seerste gemaak het: die kinders. Hulle het elke bediening van hom deursoek vir kinders wat nie tydens die eerste klopjag weggeneem is nie. Hy beskryf die eerste klopjag met die honderd polisiemanne, die klopjagspan wat ses meisies van die swaaie afgehaal het. Daar was geen bewyse dat enige van die meisies iets onbehoorliks met Tony te doen gehad het nie. Hulle het met hulle weggery in ʼn wa, terwyl die meisies gospel-liedere gesing het. Hy het die forensiese onderhoude wat die volgende dag met die meisies gevoer is, beskryf; hoedat hulle niks kon kry nie en hoe een kind die suster was van ʼn volwassene wat daar gewoon het, maar hoe hulle steeds geweier het om haar terug te gee aan haar ouers. Die Departement van Binnelandse Veiligheid het die ses meisies gehou, selfs al het hulle niks verkeerd gevind nie en die regter het ʼn beslagleggingsbevel uitgereik vir elke kind in die kerk in elke buurt in die VSA. Die gemeente het gevlug met hulle kinders net om te ontsnap — ʼn wonderlike manier om dinge tot ʼn halt te roep. Hy noem hoedat twee waens vol kinders gestop is op die snelweg. Hulle het die babas en kinders gegryp en hulle nooit teruggegee nie. Greg sê dit was ontvoering. Hy herhaal dat daar nooit bevind is dat enige van die kinders benadeel is nie en niks is teen Tony gekry soos wat hulle gehoop het hulle in die saak teen hom kon gebruik nie. Hulle het geweet dit was ‘n manier om die hele bediening plat te stoot. Greg vra dan of hierdie ʼn Gestapo-land is. Hy sê hierdie dinge is gedoen om die bediening te sluit, om Tony te verhoed om teen die Vatikaan uitsprake te maak en om beslag te lê op al Tony se eiendom en geld. Greg vra: “Hoekom vat hulle nie al die geld van die Vatikaan vir alles wat hulle gedoen het nie?” Daar was ʼn hofsaak hieroor en hulle het gesê: “Die Vatikaan doen nie besigheid in Amerika nie.” Hulle het probeer om die bediening plat te vee deur die mense wat die setwerk, drukwerk en verspreiding van die literatuur gedoen het en die bediening weekliks na stede regoor die VSA geneem het deur literatuur te versprei en te pos, uitmekaar te jaag. Greg het die literatuur beskryf as soortegelyk aan dit waaroor hy op sy program gepraat het, nl. die Vatikaan se invloed op ons godsdiensvryheid en ons regering en die oorreding van almal dat hulle die enigste ware kerk is. As daar ooit ʼn kultus was, is dit die Vatikaan! Greg sê dat die ouers die verregaande keuse gehad het om die bediening te verlaat of hulle kinders te verloor en daarmee saam hulle ouerlike regte. Dit was verwoestend vir beide die ouers en kinders om dit sagkens te stel. Daarna is die kinders volledig gebreinspoel om vyandig te raak teenoor hulle ouers en om hulle, sowel as die kerk wat hulle eens liefgehad het, te haat.

Die vraag wat Tony vanuit sy tronksel vra, is soos volg: “Terwyl daar oorweldigende bewys is van kindermishandeling in die Katolieke kultus, waarom word kinders nie gekeer om na hul skole, hul kerke, hul weeshuis, kloosters, ens. te gaan nie? Hoekom staar Katolieke ouers wat daagliks hul kinders terugstuur na die kindermishandelingskultus toe nie opskorting van hul ouerlike regte in die gesig of word hul kinders van hulle verwyder nie?

Greg het ʼn storie vertel van hoe sy ma aan leukemie oorlede is toe sy vroeggebore bababoetie ses maande oud was en sy pa ʼn magdom rekeninge gehad het om te betaal. Daar was naby sy woonplek ʼn Katolieke weeshuis waarheen hulle al hierdie kinders geneem het.

ʼn Priester het na hulle huis gekom, maar in plaas daarvan om hulp aan Greg se pa aan te bied, wou hy die kinders wegneem en hulle in ʼn Katolieke weeshuis plaas. Sy pa het die priestergegryp en hom teen die muur gegooi, terwyl hy hom vervloek en by die trappe afgegooi het. Greg het gesê: “Dis hoe ek voel oor die Vatikaan. Skop hulle onder die agterent en gooi hulle uit jou huis. Dis wat my pa gedoen het en ons het baie gesond en gelukkig grootgeword en my broer is vandag ʼn baie suksesvolle sakeman.” Sy pa het ʼn belofte afgelê om nooit weer sy voete in die Katolieke kerk te sit nie en hy het ook nie. Hy het ook nooit sy broer na ʼn Katolieke skool gestuur nie. Sy pa het aan Greg gevra om hom toe te laat om hom uit die Katolieke skool te haal, maar Greg het hom gesmeek om daar te bly, want al sy vriende was daar en hy het pas sy ma verloor.

In die tweede helfte noem Greg die tronke waarin Tony was en hoe hulle alle kommunikasie monitor en hoe besoeke plaasvind; niks is privaat nie. Die regering het die Kultusbewuswordingsnetwerk (Cult Awareness Network) meer as $5000,00 betaal vir elk van die drie getuies teen Tony om ʼn intense twee weke lange deprogrammering by ʼn afgeleë plek genaamd Wellspring Retreat te ondergaan. Die regering het vir hulle reiskoste betaal, asook $1500,00 vir toesig oor die kind van ʼn getuie, terwyl sy ma berading gekry het. Hulle het die getuie betaal onder die voorwendsel dat hulle nie in staat sal wees om te werk en rekeninge soos motorversekering ens. te betaal terwyl hulle daar is nie. Die voormalige hoof van Wellspring, Paul Martin, het persoonlik met die getuies gewerk. Dit het plaasgevind in Desember 2008 en direk hierna het mnr. Martin siek geword. Hy is met leukemie gediagnoseer en ʼn paar maande later oorlede.

In die verlede is getuienis van diegene wat gedeprogrammeer is by Wellspring uit die hof gegooi. As enigiemand van die verdediging egter met ʼn getuie praat, kan hy daarvan aangekla word dat hy inmeng met ʼn getuie. Tog kan die regering hulle getuies na die plek stuur om hulle te deprogrammeer. Mense wat neutraal staan, mag agterna baie vyandig wees. Dis ʼn belangrike punt in die saak.

Hy sê dat Dorothy Curry ʼn verklaring afgelê het dat die TV-program The Unsolved Mysteries gelieg het en dat Tony Alamo nooit haar klein dogtertjie misbruik het nie. Dit was in 1991 toe hulle op onsuksesvolle wyse probeer het om dieselfde ding aan Tony te doen. Greg het stukke van Dorothy se verklaring gelees, waarin sy die beskuldiging deur Jim Griffin dat Tony Carissa misbruik het, weerlê het.

Greg het ʼn stuk uit ʼn artikel gelees in die Protestant Mission Newsletter van Brits-Columbië oor hoe broers van die bediening Kanada toe is en evangeliese literatuur versprei het toe Pous Johannes Paulus II geskeduleer was om daar besoek af te lê. Die dag toe die pous gearriveer het, is die broers gearresteer. Geen klagte is gelê nie, geen redes is gegee nie, maar hulle is in die tronk gehou tot die dag dat die pous Kanada verlaat het en toe vrygelaat sonder verduideliking of verskoning. Greg gaan voort deur te vertel hoedat die skrywer van die artikel sê hy weet dat die verspreiding van literatuur wat die Rooms-Katolieke bedrywighede onthul, die werklike rede is hoekom Tony Alamo weer eens in die tronk is. Die owerhede probeer valse getuies daarstel. Indien die owerhede so besorg is oor kinders wat fisiek en seksueel mishandel word, hoekom sluit hulle nie elke Rooms-Katolieke instelling nie? Aangesien dit ʼn bewese feit is dat kinders by die duisende (Greg voeg by dat dit by die honderde duisende, selfs miljoene oor die jare is) seksueel en fisiek gemolesteer, gemartel en selfs doodgemaak is deur priesters wat selibaat is. Hy vra: “Hoe dikwels hoor jy van ʼn priester wat aangekla is deur een van hulle slagoffers van verkragting en misbruik met die verwagting dat geregtigheid sal plaasvind, net om te hoor dat die perverse persoon in die geheim na ʼn ander klooster of kerk geskuif is, sodat hy op ʼn ander plek met die misbruik kan voortgaan? Waar is die geregtigheid? Hoekom hou al die Katolieke ouers wat weet van al die kinders wat gemolesteer word deur die priesters aan om hulle kinders na hierdie seksueel perverse pedofiele te stuur? Waar is hulle ingebore liefde? Is dit nie kinderverwaarlosing nie? Hulle weet van en kan daagliks lees van pedofilie in die koerante. Hoekom is die owerhede nie begaan oor die reuse netwerk van seksuele misbruik van kinders nie? Daar is ʼn dubbele standaard, een vir Rome en een vir die res van die wêreld, soos in Tony Alamo se verhaal.”

Greg lees iets wat geskryf is deur ʼn man genaamd Shane in 2009 wat die Departement van Binnelandse Veiligheid die “Departement van Menslike Lyding” noem. Hy sê die departement het 35 kinders gesteel, Tony Alamo in die tronk gestop en daardeur die Bybel vir alle praktiese doeleindes in die beskuldigdebank geplaas. Die Alamo-bediening is nie ʼn kultus of ʼn sekte nie, maar ʼn vreedsame Christelike gemeenskap wat in die Bybel glo en die Bybel aktief verkondig oor die hele wêreld heen. Die patetiese rede wat die regter gegee het vir die kinders wat van hulle ouers weggeneem is, is dat hulle nie ingeënt is en by die departement geregistreer is as tuisgeskool nie. Greg noem dan dat hulle die Ebola-virus in ʼn entstof kan sit; vermy dus hierdie inenting sowel as griepinspuitings. Hy sê hulle het sommige van hierdie anti-inentings webtuistes gesluit. Shane sê dat die ware rede vir die ontvoerings die feit is dat die Alamo-bediening “VERBORGENHEID, DIE GROOT BABILON, DIE MOEDER VAN DIE HOERE EN DIE GRUWELS VAN DIE AARDE.” predik (Op. 17:5).

Greg sê die enigste rede hoekom hulle Tony gevat het, is omdat hy baie suksesvol is. Sy bediening is baie, baie gewild en hy het duisende en honderde duisende mense bereik met sy boodskappe. As hy by die huis gesit het en met twintig mense gepraat het, sou hulle hom nooit gepla het nie, maar hulle wil hulle geheim nie in die ope hê nie en dit is hoekom dit met hom gebeur het. Die enigste oplossing is om nie dít wat jy in die hoofstroom media oor die storie hoor, te glo nie, want hulle het jou nie vertel van die dwang en baie van die ander dinge nie. Hulle het hom skuldig bevind en die storie net vertel vanuit die oogpunt van die aanklaer en enigiemand wat daarna geluister het sou daarna wegloop en sê: “Hy moet skuldig wees.” Dis hoe die regering, die media en die Vatikaan saamwerk.

tonyalamoministries.com